
=====================================================================
'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!'

George Weideman s Namapraters pleit al hoe meer vir taalerkenning, maar dan sal onduidelikheid oor die skryfwyse uit die weg geruim moet 
word. Dis die eerste van 'n paar artikels oor die invloed van die Khoesan-tale op Afrikaans.

SOWAT 'n eeu gelede is dikwels na Afrikaans verwys as 'n hotnotstaal. Hierdie spotnaam het gespruit uit 'n gevoel van taal- en 
rassemeerderwaardigheid. Deesdae word die syferfonteine en die kompos wat die Hollandse boompie hier laat wortel skiet het, met trots 
erken. Vandag sal enige rasegte Nederlander toegee dat hy dit nie altyd maklik vind om Afrikaans te "herken" nie. Waarom nie? Die Afrika-
invloed is baie sterk.

Omdat so baie Afrikaanse skrywers uit die streek kom waar Oranjerivier-Afrikaans gepraat word, beland woorde of sinswendinge eie aan Nama 
of aan die Khoe-dialekte wat hier gepraat is, geredelik in die Afrikaanse letterkunde.

Wat die woorde en hul betekenisse betref, bied woordverklarings 'n oplossing, want 'n mens moet onthou dat die gemiddelde verstedelikte 
Afrikaanssprekende ook nie van die ryk kompos weet nie. Daarom word bepaalde woorde en uitdrukkings soms in voetnote of aantekeninge 
"verklaar". Oor die juistheid van betekenisse is daar nog soms verwarring en onsekerheid.

Die skrywers kan ook nie nders as om sulke woorde of uitdrukkings te gebruik nie, want hulle wil tog getrou bly aan die streek en sy 
karakters, veral waar die geskiedenis dit verg. Die saak word verder bemoeilik wanneer hulle probeer om so na as moontlik aan die 
outentieke uitspraak te kom.

Dis hierdie uitspraak  hierdie sjibbolet  wat die Afrikateelaarde van 'n deel van Afrikaans verraai. G'n Boesmanlander of Namakwalander 
sal kind s uitspreek nie; palatalisasie vind deurgaans plaas. Maar hoe skryf jy die woord dan? By A.A.J. van Niekerk (Die soutryers, 
Kelkiewyn en koggelaar en nog 'n twee dosyn ander boeke) word kjind en soms kjint aangetref; Elias P. Nel gebruik tjeent in Iets goeds uit 
Verneukpan? Ek self het al rondgeval van kjind en kjint na tjint en tjeent en kjeend.

Nog 'n voorbeeld is die (baie ou) naam vir 'n waterskepplek  gewoonlik 'n gat wat jy in 'n dro rivierbedding gegrawe het en waarin dan 
suiwer water syfer. In Anna M. Louw se knap roman Vos lees ons van die grra; by ander skrywers, soos Theuns Kotz, kom t'gorra en gorra 
naas gor en gor voor  'n Babelse verwarring!

Een van die kosbaarste voorregte wat 'n mens seker kan h, is om in jou vulletjietyd 'n ryk, beskrywende en vindingryke taal rondom jou te 
hoor. So is die Afrikaans van die Noordweste en Namibi, waar die invloed van Nama en die taalskeppingsvernuf van alle Afrikaanssprekendes 
van Afrikaans 'n wonderlike, dinamiese bastertaal maak, met 'n stam uit Europa en wortels in Afrika.

Die geskiedenis van taalbenvloeding is weliswaar 'n mynveld. Die reste van 'n ouer taal of ouer tale wat in Suidelike Afrika gepraat is 
lank voor Van Riebeeck se koms (bv. deur die Khoekhoen; dink ook aan die  waarskynlik  uitgestorwe taal /Xam) kan vandag nie maklik 
agterhaal word nie. Soms is duideliker reste waarneembaar, soos in die Afrikaans van Kharkhams se mense (vgl. Tony Links se So praat ons 
Namakwalanders). Dit slaan ook uit in Griekwa-Afrikaans.

Maar oor n aktuele saak is daar nie duidelikheid nie, en dit is die ortografie, die korrekte skryfwyse. Dit geld nou nie vir ingeburgerde 
woorde soos dagga en trassie nie, al weet ons dat taras (Nama vir vrou) die oorsprong van laasgenoemde moet wees. Dat trassie nou na 'n 
hermafrodiet verwys, vertel in sigself 'n storie!

Vanwe die verskynsel dat 'n taal soos Nama sterk foneties is  dit wil s klein stembuigings- of toonverskille bring mee dat dieselfde 
"woord" uiteenlopende dinge kan beteken  is dit nie altyd moontlik om met sekerheid te s wat 'n woord of 'n pleknaam se oorsprong is nie. 
Daarom kan 'n mens in baie gevalle net raai dat 'n woord wat jy in jou t'kkoppietyd gehoor het  soos einste t'kkoppie  dalk van die 
Namawoord vir huis kom. Steeds verwys Namakwalanders na 'n kind wat nog om die huis speel as 'n t'kkoppie, letterlik: huiskind of 
werfkind.

Maar wie s my of ander skrywers se skrif-weergawe is nie verwarrend nie? Woorde uit "Khoesan" word dikwels met 'n flikkering van 
herkenning begroet wanneer jy in Namakwaland opmerk dat jy vir t'kabber op die klip sien sit, op Riemvasmaak by 'n gorra 'n draai gooi en 
in Rehoboth onder 'n arebboom gaan koelte soek. En dan is daar nog op Nourivier, Steinkopf, in die Richtersveld en langs Grootrivier 'n 
hele paar Suid-Afrikaanse burgers wat Nama vlot kan praat en wat deesdae  met reg  toenemend om erkenning vir hul taal pleit.

Dit gaan op die ou end ook oor 'n gesonde staatkundige beginsel. Nuwe politieke ontwikkelinge maak dit moontlik dat "oorspronklike" name in 
ere herstel kan word, miskien met byvoeging, waar nodig, van jonger benamings of selfs gebruiklike verbasterings. Maar hiervolgens behoort 
'n dorp soos Douglas (//Ganab, Khoe vir kameeldoring), en die Oranjerivier (uit Khoe vervorm tot Gariep) dalk hul oorspronklike name 
amptelik terug te kry. As mense kla oor die skynbare onuitspreekbaarheid van sulke name, moet hulle maar net na 'n kaart van moderne 
Hongarye kyk. Volkome verstaanbaar in Hongaars; en selfs die ou Oostenryks-Hongaarse oorblyfsels het in die vergetelheid verdwyn. Die 
vrugbare taalbenvloeding is ligjare verwyder van die flou mengelmoes waaraan kykers weer onlangs blootgestel is met die heruitsending van 
Manakwalanders. Rasegte Namakwalanders (nie verlooptes nie) is trots op die hibridiese aard van die soort Oranjerivier-Afrikaans waarmee 
hulle grootgeword het. Maar dan moet ons sorg dat onduidelikheid en verwarring uit die weg geruim word.

Uitgewers en hul skrywers en woordeboekmense (onder wie prof. Wilfried Haacke, mnr. Levi Namaseb en pastoor Eiseb van die Nama/English 
Dictionary Project by die Universiteit van Namibi in Windhoek) sal 'n slag moet koppe bymekaarsit hieroor. Anders smyt ons die 
kjind/kjint/kjeend/tjint/tjeend saam met die grrawater uit.

In die volgende artikel word woorde bespreek wat deel van baie mense se Afrikaanse woordeskat geword het, soos wat dit ook in verhale en 
gedigte uit di wreld na vore kom  woorde soos etse of aitse, norra, t'ghie, t'nammi-'na, t'kam, heira, grra, au te re, en nog vele 
ander. George Weideman skryf heeltyds. Sy roman Draaijakkals, wat handel oor die avonture van 'n grootmaakkind, het onlangs by Tafelberg 
verskyn.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7216.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

